Sessie 10: Lewenslange dissipels

Fasiliteerder se Voorbereiding

Hierdie is die laaste sessie vir die prototipe. Die grootste deel van die groepsessie gaan daarom terugvoer oor die prototipe genereer. As leiers en fasiliteerders gaan dit baie belangrik wees dat jy notas maak oor die groep se terugvoer. Die laaste sessie het ook ten doel om elke deelnemer te help om te onderskei wat hulle volgende tree op hulle dissipelskap avontuur kan wees. Die oefening van die week het ten doel om groepslede te help om ‘n plan te ontwikkel wat hule kan help en om ook in ‘n bemoedigende verhouding te staan wat hul kan aanspoor. Laastens is daar geleentheid vir lede om “op te sign” vir verdere hulp vir dissipelvorming binne jou plaaslike gemeente en gemeenskap.

In hierdie sessie kan jy ook vir groepslede die opsomming van al die ritmes uitdeel nadat julle die Ritme vrae in deel VI. ondersoek het. Jy kan dit hier aflaai en vir jou groepslede uitdruk (of hulle na hierdie skakel toe verwys).

Materiaal vir die groep

 

Hierdie week se groepsmateriaal kanĀ hier afgelaai word.

Dit sal goed wees as die groep die volgendeĀ  Refleksie vrae na die reis voor die laaste sessie kan invul.