Sessie 2: Beelde van God en onsself

Fasiliteerder se Voorbereiding

In hierdie tweede sessie begin die groep werk met die eerste Ritme (Spieël). Hierdie is die spieël ritme. Dit is ook die eerste week vir die volgende aspekte:

 

  • Die groep gee terugvoer oor hoe dit in die week met die oefening gegaan het. Hierdie refleksie is in die groep orde materiaal onder afdeling IV. Ons Kyk terug. Dit is ons ervaring in die Rhythm of Life werk dat mense bloot vergeet om die oefening te doen. Daarom kan dit ook behulpsaam wees om die groep te help om mekaar te herinner om wel die oefening te doen (hierdie reminder kan elke week anders wees, ‘n Whatsapp, sms, oproep).
  • Die groep kry ook in hierdie sessie ‘n bladsy vir individuele refleksie. Hierdie bladsy werk vir 6 dae op tekste wat fokus op die spieël ritme. Die individuele bladsy het ook die instruksies aan die linker kant van die bladsy. As fasiliteerder is ons voorstel dat jy die groepslede ‘n vinnige oorsig oor die verskillende fases van die daaglikse studie gee.
  • Die groep sien ‘n geheelbeeld van die ritmes waarmee daar in die volgende 10 weke gewerk gaan word. Hier is ‘n skets wat groepslede kan aflaai (ook hier onder geplaas)

Die tweede sessie se groepsmateriaal kan hier afgelaai word.

Die tweede sessie se daaglikse joernaal oefening hier afgelaai word.