Sessie 3: Muurprop, ontmoetings met God

Fasiliteerder se Voorbereiding
In hierdie derde sessie werk die groep met die Muurprop Ritme. Ons hersien die volgende aspekte van die sessie:
- Die groep gee terugvoer oor hoe dit in die week met die oefening gegaan het. Hierdie refleksie is in die groep orde materiaal onder afdeling IV. Ons Kyk terug. Dit is ons ervaring in die Rhythm of Life werk dat mense bloot vergeet om die oefening te doen. Daarom kan dit ook behulpsaam wees om die groep te help om mekaar te herinner om wel die oefening te doen (hierdie reminder kan elke week anders wees, ‘n Whatsapp, sms, oproep). In hierdie week se materiaal is dit pertinent onder afdeling VIII.
- Die groep kry soos in die vorige sessie ‘n bladsy vir individuele refleksie / joernaal. Julle is welkom om aan hierdie bladsy te verander – soos om ander tekste te kies ensv. Die individuele bladsy het ook die instruksies aan die linkerkant van die bladsy. As fasiliteerder is ons voorstel dat jy die groepslede ‘n vinnige oorsig oor die verskillende fases van die daaglikse studie gee. Hierdie week is daar ‘n paar ekstra uitdeel stukke (kyk onder die materiaal) afdeling.
- Julle sal sien dat daar ‘n voetnota oor die verskillende dissiplines in die groepmateriaal is. Dit sal goed wees as jy jouself weer inskerp oor die verskillende dissiplines wat in die kerk se skatkis voorkom. Ek hoop om in hierdie week ‘n kort video gesprek met Gys van Schoor hieroor op hierdie bladsy te plaas. Hier is solank ‘n kort uittreksel uit 7 Ritmes vir Kinders oor die dissiplines, dit is eenvoudig en vir kinders bedoel maar kan werk.
- Dit sal goed wees as die groep ‘n geheelbeeld van die ritmes waarmee daar in die volgende 10 weke gewerk gaan word kan sien. Hier is ‘n skets wat groepslede kan aflaai (ook hier onder geplaas).
- Onthou asb om julle notas oor die verskillende sessies neer te skryf … ons gaan dit aan die einde gebruik om die prototipe te verfyn.
Materiaal vir die groep
Die groep kan die derde sessie se groepsmateriaal hier aflaai.
Die derde sessie se daaglikse joernaal vir groepslede kan hier afgelaai word.
Die sesde dag se Gebed van Bewuswording kan hier afgelaai word.