Sessie 4: Pot ritme, wie is my reisgenote?
Fasiliteerder se Voorbereiding
In hierdie vierde sessie werk die groep met die Pot Ritme. Ons hersien die volgende aspekte van die sessie:
- Hierdie week se groepsoefening gaan van die groep verg om drie afsprake met mense in hulle lewens te maak. As fasiliteerder kan jy hulle help om kreatief oor hierdie ontmoetings te dink. Dit kan oggend – of middagetes wees, of koffie afsprake, Dalk kan dit ‘n uitnodiging wees om te stap. Vir die wat besige weke gaan hê kan ‘n Skype gesprek dalk werk. Deel van hierdie afsprake is om terugvoer te kry wat tydens die vyfde sessie gebruik gaan word.
- Dit sal goed wees as die groep ‘n geheelbeeld van die ritmes waarmee daar in die volgende 10 weke gewerk gaan word kan sien. Hier is ‘n skets wat groepslede kan aflaai (ook hier onder geplaas).
- Onthou asb om julle notas oor die verskillende sessies neer te skryf … ons gaan dit aan die einde gebruik om die prototipe te verfyn.
Materiaal vir die groep
Die groep kan die vierde sessie se groepsmateriaal hier aflaai.
Die sirkel oefening wat in die sessie gebruik word, en ook die drie vrae bevat vir refelksie kan hier afgelaai word.