In the Spirit of Pentecost i’ll type this post in ‘another’ language – Afrikaans.
Pinkster kan so maklik ‘n verwarrende dag wees, ‘n dag wat ons met die bonatuurlike vereenselwig. Wanneer ons dit doen, breek ons die lewe wat vir ons gegee word op in sekulêre en geestelike kompartemente en sodoende beofoen ons ‘n tipe geestelike apartheid.
Pinkster is die teenoorgestelde hiervan – dit is die boodskap wat verkondig dat God hier is, vandag, nou! Die Here gebruik doodgewone elemente om met ons te praat, deur die winde en vure en mense rondom ons. Dit is interessant dat die woord vir gees in die Hebreeus en Grieks ‘wind’ of ‘asem’ is. Dink daaroor, wind en asem is oral rondom ons – dit sirkuleer en beweeg rondom ons – altyd. Die vraag is egter of ons bewus is daarvan? Daar is natuurlik tye waarin die wind soos in ‘n orkaan optree, maar meeste van die tyd beweeg dit stadig en stil, sonder enige aankondiging. Dit is die een les van pinkster – God is orals. Die Heilige Wind beskikbaar vir almal wat wil beweeg in die wind.
"Heilige Wind, my gebed is dat U deur ons sal waai."